Welkom by Kleuterzone Richardsbaai

Anadea Venter

Hoof

Brief uit die Hoof se pen:

Goeie dag,
Ek is Anadea Venter, die trotse hoof van Kleuterzone Richardsbaai. Ek is gebore en getoë in die pragtige Kaap, maar woon nou al die afgelope 4 jaar hier in die hartjie van Zululand. Ek is ook die trotse ma van ‘n seun van 22 en ‘n dogter van 19.

My passie was nog altyd om met kinders te werk, en ek het vir 20 jaar my eie dagsorg bedryf. Dit is vir my ‘n ongelooflike voorreg om elke dag met die kleintjies te werk. Natuurlik is dit harde werk, maar die vreugde en verantwoordelikheid wat daarmee saamkom, maak dit soveel meer die moeite werd.

Hierdie geleentheid om by Kleuterzone te werk, het op die perfekte tyd gekom – en met gebed gebeur dinge regtig op die regte tyd. Ek is geseënd om deel te wees van hierdie pragtige Kleuterzone-skooltjie en om saam met ‘n span wonderlike juffrouens te werk.

Dit gee my soveel vreugde om elke dag te sien hoe die kleintjies fisies, emosioneel en geestelik groei. Geen dag is dieselfde nie, behalwe die roetine wat ons hulle leer. Ons as onderwysers het die eer om die fondasie vir hulle toekoms te help lê. Ek glo dat ‘n kind wat liefde en respek tuis ontvang, vriendelik en vol selfvertroue teenoor sy of haar maatjies en ander mense sal wees. Daarom is dit so belangrik om hulle van kleins af te leer om tussen reg en verkeerd te onderskei.

Die kleintjies kruip diep in mens se hart, en hier by Kleuterzone Richardsbaai vorm ons ‘n familie. Ons werk saam aan ‘n beter toekoms vir elkeen van hulle.

Ek is ongelooflik geseënd en sien uit daarna om deel te wees van hierdie pragtige skooltjie, sy mense, en natuurlik sy kinders. Die Here bring nie iets oor jou pad as Hy nie weet jy kan dit hanteer nie.

Hier by Kleuterzone Richardsbaai begin almal se drome.

Getuigskrifte

KleuterZone wat 'n wonderlike skool vir die klein mensies. Ek is 'n mamma van 'n 3 jarige seuntjie wat by Kleuter Zone begin het. Die personeel ius vriendelik en hulpvaardig. Met die dat my seuntjie nie ken van kleuter skool nie was hy moeilik aan die begin en die "Tannies" was baie geduldig en het net liefde en aandag getoon. Ek kan 'n verskil in my seuntjie sien vandat hy by die skool begin het, sy woordeskat en kennis het gegroei. Kleuter Zone het so baie om te offer vir die klein mensies dit is rerig wonderlik.
Anoniem
Ouer
"Warm atmosfeer, my dogtertjie het dadelik welkom en gemaklik gevoel, sy geniet dit vreeslik, en dit maak my hart so bly. Nog nie een dag gehuil om te gaan nie, as ons daar stop glimlag sy van oor tot oor! Vriendelikste Personeel, Beste besluit wat ek gemaak het"
Anoniem
Ouer
Kleuterzone Nelspruit het sover net fantastiese diens gelewer vir ons. Ons 2 seuns sien elke dag uit om te gaan en kom elke dag met vreugde terug by die huis. Puik diens en sal hulle aanbeveel vir enige ouers in Nelspruit.
Anoniem
Ouer